Eugene Wigner | |
Gebore | Boedapest, Oostenryk-Hongarye | 17 November 1902
---|---|
Oorlede | 1 Januarie 1995 (op 92) Princeton, New Jersey, VSA |
Burgerskap | Amerikaaner (na 1937) Hongaar (voor 1937) |
Vakgebied | Teoretiese fisika Atoomfisika Kernfisika Vastetoestandfisika |
Instelling(s) | Universiteit van Göttingen Universiteit van Wisconsin-Madison Princeton-universiteit Manhattan-projek |
Alma mater | Tegniese Universiteit van Berlyn |
Ander akademiese adviseur(s) | László Rátz Richard Becker |
Bekend vir | Bargmann–Wigner-vergelykings Wet op die behoud van pariteit Wigner D-matriks Wigner–Eckart se stelling Wigner se halfsirkelverdeling Wigner se klassifikasie Wigner se verspreidingsfunksie Wigner se kwasiprobabiliteitsverspreiding Wigner-kristal Wigner-effek Wigner-energie Breit–Wigner se relatiwistiese verspreiding Gewysigde Wigner-verspreidingsfunksie Wigner–d'Espagnat-ongelykheid Gabor–Wigner-transformasie Wigner se teorie Jordan–Wigner-transformasie Newton–Wigner-lokalisering Wigner–Inonu-sametrekking Wigner–Seitz-sel Wigner–Seitz-radius Thomas–Wignerrotasie Wigner–Weyl-transformasie Wigner–Wilkins-spektrum 6-j-simbool 9-j-simbool |
Toekennings | Medalje vir meriete (1946) Franklin-medalje(1950) Enrico Fermi-toekenning (1958) "Atome vir Vrede"-toekenning (1959) Max Planck-medalje (1961) Nobelprys vir fisika (1963) Nasionale Wetenskapmedalje (1969) Albert Einstein-toekenning (1972) Wigner-medalje (1978) |
Handtekening |
Eugene Paul "E. P." Wigner (Hongaars: Wigner Jenő Pál 17 November 1902 - 1 Januarie 1995) was 'n Hongaars-Amerikaanse teoretiese fisikus en het ook tot wiskundige fisika bygedra. In 1963 het hy een helfte van die Nobelprys vir Fisika ontvang "vir sy bydraes tot die teorie van die atoomkern en die elementêre deeltjies, veral deur die ontdekking en toepassing van fundamentele simmetriebeginsels".[1] Die ander helfte van die Nobelprys is deur J. Hans D. Jensen en Maria Goeppert-Mayer gedeel.
'n Gegradueerde van die Tegniese Universiteit van Berlyn, Wigner het as assistent van Karl Weissenberg en Richard Becker aan die Kaiser Wilhelm Instituut in Berlyn, en David Hilbert aan die Universiteit van Göttingen gewerk. Wigner en Hermann Weyl was verantwoordelik vir die bekendstelling van groepsteorie[Nota 1] in fisika, veral die teorie oor simmetrie in fisika.[Nota 2] Terselfdertyd het hy baanbrekerswerk in suiwer wiskunde verrig, waarin hy 'n aantal wiskundige stellings geskryf het. In die besonder is Wigner se stelling[Nota 3] 'n hoeksteen in die wiskundige formulering van kwantummeganika. Hy is ook bekend vir sy navorsing oor die struktuur van die atoomkern. In 1930 is Wigner, saam met John von Neumann, deur die Princeton-universiteit gewerf en hy het na die Verenigde State verhuis.
Wigner het deelgeneem aan 'n vergadering met Leó Szilárd en Albert Einstein wat gelei het tot die Einstein-Szilárd-brief, wat president Franklin D. Roosevelt gevra het om die Manhattan-projek te begin om atoombomme te ontwikkel. Wigner was bang dat die Duitse kernwapenprojek 'n atoombom sou ontwikkel voordat die Amerikaanse projekte sou. Tydens die Manhattan-projek het hy 'n span gelei wat kernreaktors moes ontwerp om uraan in wapengraad plutonium te omskep. Destyds het reaktors net op papier bestaan, en nog geen reaktor het krities geword nie. Wigner was teleurgesteld dat die DuPont-maatskappy verantwoordelikheid gegee was vir die gedetailleerde ontwerp van die reaktore, nie net vir die konstruksie daarvan nie. Hy is vroeg in 1946 as direkteur van navorsing en ontwikkeling by die Clinton-labratorium (nou die Oak Ridge nasionale labratorium) aangestel, maar het gefrustreerd geraak met burokratiese inmenging deur die kommissie vir atoomenergie, en het na Princeton teruggekeer.
In die naoorlogse periode het hy in 'n aantal regeringsliggame gedien, waaronder die Nasionale Buro vir Standaarde van 1947 tot 1951, die wiskundepaneel van die Nasionale Navorsingsraad van 1951 tot 1954, die fisika-paneel van die Nasionale Wetenskapstigting en die invloedryke Algemene Advieskomitee van die Kommissie vir Atoomenergie van 1952 tot 1957 en weer van 1959 tot 1964. Later het hy meer filosofies geraak en die boek "The Unreasonable Effectiveness of Mathematics in the Natural Sciences" gepubliseer, sy bekendste werk buite tegniese wiskunde en fisika.
<ref>
tag; no text was provided for refs named Prize
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/>
tag was found