Explorer 1

Explorer 1 is die eerste satelliet wat deur Amerika in 1958 gelanseer is. Dié projek was deel van Amerika se deelname aan die Internasionale Geofisiese Jaar. Die sending het gevolg op die eerste twee satelliete van die vorige jaar, Spoetnik 1 en Spoetnik 2, wat deur die Sowjetunie gelanseer is en die ruimtewedloop tydens die Koue Oorlog tussen die twee nasies begin het.

Explorer 1 is op 1 Februarie 1958 om 03:47:56 GMT, bo-op die eerste Juno-vuurpyl, vanaf Kaap Canaveral in Florida gelanseer. Dit was die eerste satelliet wat die Van Allen-gordel[1] bespeur het en het data na die aarde gestuur totdat sy batterye na byna vier maande pap geword het. Dit het in 'n wentelbaan gebly tot 1970.

  1. Paul Dickson, Sputnik: The Launch of the Space Race, Toronto: MacFarlane Walter & Ross, 2001, p. 190

Developed by StudentB