Extremadura

Extremadura
Vlag Wapen
Volkslied: Himno de Extremadura
Hoofstad Mérida
Amptelike Tale Spaans
Oppervlak
 – Totaal
 – % van Spanje
Rang 5de
 41 634 km²
 
Bevolking
 – Totaal (2018)
 – % van Spanje
 – Digtheid
Rang 12de
 1 073 000
 2,6
 25,8/km²
Inwonersnaam
 – Afrikaans
 – Spaans
 – Spaans

 Extremaduraan
 extremeño
 Extremadura
Statuut van
Outonomiteit
26 Februarie 1983
Parlementêre
verteenwoordiging

 – Kongressetels
 – Senaatsetels


 10
 10
President Guillermo Fernández Vara (PSOE)
ISO 3166-2 ES-EX
Extremadura

Extremadura is een van die sewentien outonome gemeenskappe van Spanje. Dit is in die suidweste van Spanje, halfpad tussen Lissabon en Madrid, geleë en grens aan Portugal, en die outonome gemeenskappe Kastilië-La Mancha, Kastilië en León en Andalusië. Die bevolking is in 2018 deur die Instituto Nacional de Estadística op sowat 1,073 miljoen beraam. Administratief is Extremadura in twee provinsies onderverdeel, Badajoz (die grootste van alle Spaanse provinsies volgens oppervlakte) en Cáceres. Die hoofstad is Mérida met 'n bevolking van iets meer as 59 000. Die enigste groter stedelike nedersetting in die yl bevolkte streek is Badajoz met ongeveer 150 000 inwoners. Na die plaaslike bevolking word in Spaans as Extremeños verwys.

Sononder in 'n plattelandse gebied tussen Cáceres en Mérida
'n Eensame begraafplaas tussen landbouvelde in die provinsie Badajoz
'n Kronkelende rivier in die bergstreek van Las Hurdes. Hierdie bergwêreld was vroeër een van die mees afgeleë op die Iberiese Skiereiland, met ontoeganklike valleie waarin nòg Romeinse nòg Moorse veroweraars 'n voet gesit het

Die streeksnaam, wat «Anderkant die Duero» beteken, verwys na die historiese rol van die Duero as grensrivier tydens die Reconquista, die Christelike herverowering van Spanje en Portugal. Eeue lank het die rivier die Christelike en Moors-Islamitiese invloedsfeer op die Iberiese Skiereiland van mekaar geskei. Die Portugese Estremadura het dieselfde etimologiese oorsprong.

Tradisioneel is Extremadura een van die armer randgebiede van Spanje wat in die vroeë 16de eeu 'n buitengewoon hoë persentasie van conquistadores opgelewer het[1], onder wie Francisco Pizarro, 'n boorling van Trujillo. Baie van die conquistadores het as welvarende mans na hul geboorteland teruggekeer waar hulle paleise en vestings laat oprig het. Die Spaanse veroweraars het ook diep spore in die Nuwe Wêreld gelaat wat van taalbesonderhede tot plekname strek. So dra 'n aantal nedersettings in Peru, Venezuela, Honduras en die Dominikaanse Republiek die naam Trujillo. Vir 'n groot deel van sy moderne geskiedenis was Extremadura 'n emigrasieland. In die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog het 700 000 Extremeños hulle elders in Spanje of in die buiteland gevestig.

  1. Dr. Peter Martin: Zucker für die Welt. Die Anfänge der Sklaverei und der Fabrikgesellschaft in Südamerika. Berlin: Universitätsverlag der TU Berlin 2012, bl. 25

Developed by StudentB