Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Brasilië |
Datums | 15 – 30 Junie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 6 (in 6 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (4 titels) |
Tweede plek | Spanje |
Derde plek | Italië |
Vierde plek | Uruguay |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 68 (4.25 per wedstryd) |
Bywoning | 804 659 (50 291 per wedstryd) |
Meeste punte | Fernando Torres Fred (5 doele elk) |
Beste speler | Neymar |
← 2009 2017 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 (Portugees: Copa das Confederações da FIFA Brasil 2013; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 30 Junie 2013 in Brasilië aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 gedien. Dit was die sewende sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Die gasheer en verdedigende kampioen Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Spanje met 3–0 in die eindstryd geklop het. Italië het in die derde en Uruguay in die vierde plek geëindig.