Кубок конфедераций 2017 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Rusland |
Datums | 17 Junie – 2 Julie |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 4 (in 4 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Duitsland (1 titel) |
Tweede plek | Chili |
Derde plek | Portugal |
Vierde plek | Meksiko |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 43 (2.69 per wedstryd) |
Bywoning | 628 304 (39 269 per wedstryd) |
Meeste punte | Leon Goretzka Lars Stindl Timo Werner (3 doele elk) |
Beste speler | Julian Draxler |
← 2013 2021 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 (Russies: Кубок конфедераций 2017, Koebok konfederatsij FIFA 2017; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 17 Junie tot 2 Julie 2017 in Rusland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Duitsland het die toernooi gewen nadat hulle Chili met 1–0 in die eindstryd geklop het. Portugal het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig. Die gasheer Rusland is in die groepfase uitgeskakel.
Dit was die laaste Sokker-Konfederasiebeker wat aangebied is voordat FIFA aangekondig het dat dit dié toernooi nie langer sal aanbied nie en dit deur ’n uitgebreide FIFA-Klubwêreldbeker sal vervang.[1][2]