Faerie Glen-natuurreservaat | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Naaste dorp | Pretoria |
Koördinate: 25°46′29.49″S 28°17′29.65″O / 25.7748583°S 28.2915694°O | |
Oppervlak | 128 ha[1] |
Openingsjaar | 1980 |
Bestuursliggaam | Tshwane Metroraad |
Webblad | Faerie Glen Nature Reserve |
Die Faerie Glen-natuurreservaat in die ooste van Pretoria was deel van die plaas Hartbeespoort 304[2] wat aan mnr H.W. Struben behoort het. Op ou lugfoto's is dit duidelik sigbaar dat die vloedvlakte gebruik was as landerye en die res van die plaas vir beesweiding. Die reservaat is deel van die Bronberg-bewaringsgebied wat in 1980 verklaar is. Renosterkop (1 468 m) is geleë in die noorde van die reservaat.[3]