| |||||
Nasionale leuse: Maka-Diyos, Maka-Tao, Makakalikasan at Makabansa[1] (Filippyns vir: "Vir God, Mense, Natuur en Land") | |||||
Volkslied: Lupang Hinirang (Filippyns vir: "Gekose Land") | |||||
Hoofstad | Manila[2] | ||||
Grootste stad | Quezon Stad | ||||
Amptelike tale | Filippyns en Engels | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Bongbong Marcos Sara Duterte | ||||
Onafhanklikheid • Klassieke koninkryke
en stadstate • van Spanje verklaar • Verdrag van Parys • Eerste Filippynse Republiek • Amerikaanse beheer • Selfbestuur • Onafhanklikheid van die Verenigde State • Huidige grondwet |
ca. 900 – ca. 1521 12 Junie 1898 10 Desember 1898 21 Januarie 1899 4 Julie 1902 24 Maart 1934 4 Julie 1946 2 Februarie 1987 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
300 000[3][4] km2 (72ste) 120 000 myl2 0,61[5] | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2020-sensus - Digtheid |
109 991 095[6] (13de) 109 035 343[7] 336 / km2 (47ste) 870,2 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2019) | 0,718[9] (107de) – hoog | ||||
Gini (2018) | 42,3[10](44ste) – medium | ||||
Geldeenheid | Peso (Filippyns: piso) (₱) ( PHP )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
PST (UTC+8) nie toegepas nie (UTC+8) | ||||
Internet-TLD | .ph | ||||
Skakelkode | +63 |
Die Filippyne (Filippyns: Pilipinas [ˌpɪlɪˈpinɐs] of Filipinas [ˌfɪlɪˈpinɐs]; Engels: Philippines, [ˈfɪlɨpiːnz], ), amptelik die Republiek die Filippyne (Filippyns: Republika ng Pilipinas; Engels: Republic of the Philippines), is 'n eilandstaat wat uit sowat 7 500 eilande bestaan en in die tropiese westelike Stille Oseaan geleë is, ongeveer 100 km suidoos van die vasteland van Asië. Die land is hoofsaaklik Rooms-Katoliek en een van die mees verwesterse lande in Asië. Spanje en die Verenigde State, wat beide vroeër die land gekoloniseer het, het die grootste invloed op die Filippynse kultuur gehad – naamlik 'n mengsel van Oosterse en Westerse invloede. Die grootste eiland van die Filippyne is Luzon in die noorde, gevolg deur Mindanao in die suide, met die Visayas daartussen. Die hoofstad is Manila en die grootste stad is Quezon Stad.