Fins suomen kieli | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈsuomi] | |
Gepraat in: | Finland Estland Ingermanland Karelië Noorweë Swede Tornedal | |
Gebied: | Noord-Europa | |
Totale sprekers: | ca. 5,4 miljoen (moedertaal) 272 000 (tweede taal)[1] | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Oosseefins[2] Fins | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Finse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nordiese Raad Europese Unie Finland erken as minderheidstaal in: Swede[3] Karelië[4] | |
Gereguleer deur: | Taalbeplanningsdepartement van die Navorsingsinstituut vir die Tale van Finland | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | fi | |
ISO 639-2: | fin | |
ISO 639-3: | fin | |
Blou: Amptelike taal | ||
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Fins (suomi [ˈsuomi] Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Fins is nou verwant aan Estnies en verlangs aan Hongaars. Dit is naas Sweeds een van die twee amptelike tale van Finland met sowat 4,7 miljoen moedertaalsprekers (92 persent van die totale bevolking) en ook een van die ampstale van die Europese Unie. Fins is ook 'n amptelike minderheidstaal in Swede, waar dit deur sowat 300 000 inwoners gepraat word. Daar is ook klein Finstalige groepe in die Noord-Noorse streek Finnmark, in die Russiese Republiek van Karelië en in Estland.
of suomen kieli [ˈsuomen ˈkieli]) behoort tot dieFins verskil as 'n Fins-Oegriese taal, net soos Hongaars, in baie opsigte sterk van die Indo-Europese tale, wat oorwegend in Europa gepraat word. Oor die eeue heen het die kontak met Indo-Europese tale egter 'n groot invloed op byvoorbeeld die sinsbou en woordeskat van die Finse taal uitgeoefen. 'n Groot aantal Germaanse leenwoorde verskyn reeds baie vroeg in die taal, en taalhistorici gebruik hierdie Finse woorde soos rengas ("ring") onder meer vir hulle ondersoeke oor die destydse Germaanse klanke. Kenmerke van Fins is die groot getal naamvalle (15), agglutinasie, 'n ingewikkelde morfofonologie wat onder meer vokaalharmonie en konsonantgradasie insluit, die afwesigheid van 'n grammatikale geslag (of genus) en die klein getal konsonante.