Fins-Permies | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Noordelike Fennoskandinawië, Baltiese lande, Suidwes en Suidoos-Rusland en Oeralgebied in Rusland |
Genetiese klassifikasie: |
Oeraals Fins-Oegries[1] Fins-Permies |
Onderafdelings: | |
ISO 639-2: | fiu |
Verspreiding van Fins-Permiese tale |
Die Fins-Permiese tale vorm volgens die tradisionele beskouing saam met die Oegriese tale een van die hooftake van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie. Fins-Oegries het na raming in ongeveer 2500 – 3000 v.C in Fins-Permies en Oegries verdeel. Fins-Permies het weer in ongeveer 2000 v.C. in Permies en Fins-Wolgaïes verdeel.[2]
Die terme Finse tale is in die verlede baie keer gebruik om na al die Fins-Permiese tale te verwys gegrond op 'n vroeëre teorie dat die Permiese tale baie nader aan die Oosseefinse tale is as aan Hongaars.[2]