Fjodor Dostojefski | |
---|---|
Portret van Fjodor Dostojefski deur Vasili Perov in 1872 | |
Gebore | Fjodor Michailowitsj Dostojefski 11 November 1821 |
Sterf | 9 Februarie 1881 (op 59) Sint Petersburg, Russiese Ryk |
Nasionaliteit | Rusland |
Beroep | Romanskrywer, kortverhaalskrywer, essayis, joernalis en filosoof |
Bekend vir | Die Idioot Misdaad en Straf Bose Geeste |
Eggenoot | Maria Dmitriyewna Isaewa (1857–1864, haar dood) Anna Grigoryewna Snitkina (1867–1881, sy dood) |
Kinders | Sonya (1868) Lyubof (1869–1926) Fyodor (1871–1922) Alexey (1875–1878) |
Handtekening | |
Fjodor Michailowitsj Dostojéfski (Russies: Фёдор Михайлович Достоевский, wetenskaplike transliterasie Fëdor Michajlovič Dostoevskij; * 11 November 1821 in Moskou, Russiese Ryk, tans Rusland; † 9 Februarie 1881 in Sint Petersburg) was 'n Russiese skrywer van fiksie. Van sy bekendste werke sluit in Die Idioot (Russies: Идиот), Misdaad en Straf (Преступление и наказание, Prestoeplenije i Nakazanije) en Bose Geeste (Бесы). Hierdie werke het 'n blywende uitwerking op intellektuele denke en die wêreldletterkunde gehad.