Flevoland | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Flevoland in Nederland | |
Kaart van die provinsie Flevoland | |
Koördinate: 52°32′N 5°40′O / 52.533°N 5.667°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Lelystad |
Grootste stad | Almere |
Regering | |
• Kommissaris | Arjen Gerritsen (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 412 km2 (931 vk. myl) |
• Land | 1 410 km2 (540 vk. myl) |
• Water | 1 002 km2 (387 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 444 701 |
• Digtheid | 315/km2 (820/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.flevoland.nl |
Flevoland is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die sentrum geleë. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 445 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 412 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 315 inwoners per km² land. Die hoofstad is Lelystad (vernoem na die vader van die Flevoland-projek, Cornelis Lely) en die grootste stad is Almere. Flevoland is op 1 Januarie 1986 amptelik as provinsie erken en lê omtrent 5 meter onder seevlak. Die Flevopolder is die grootste kunsmatige eiland in die wêreld.