Fonetiek

Fonetiek (uitgespreek [fo:'nɘtɪk], van die Grieks: φωνή, phōnē, 'klank, stem') is 'n vertakking van taalkunde wat die studie van die klanke van menslike spraak behels, of — in die geval van gebaretaal — die ekwivalente aspekte van handseine.[1] Dit is gemoeid met die fisiese aspekte van spraakklanke of tekens (fone): hulle fisiologiese produksie, akoestiese eienskappe, gehoorpersepsie en neurofisiologiese stand. Fonologie, aan die ander kant, is gemoeid met die abstrakte grammatiese karakterisering van sisteme van klanke en handseine.

Die vakgebied van fonetiek is 'n veelvlakkige vertakking van taalkunde wat fokus op spraak. In die geval van mondelinge tale is daar drie basiese studiegebiede:

  • Artikulatoriese fonetiek: die studie van die produksie van spraakklanke deur die artikulasie- en spraakkanaal van die spreker
  • Akoestiese fonetiek: die studie van die fisiese oordrag van spraakklanke van die spreker na die luisteraar.
  • Ouditoriese fonetiek: die studie van die resepsie en persepsie van spraakklanke deur die luisteraar

Die vakgebiede is onderling verbind deur die gemeenskaplike meganisme van klank, soos 'n golflengte toonhoogte, amplitude en harmoniek.

  1. O'Grady (2005) p.15

Developed by StudentB