Ford Transit Custom

Ford Transit Custom
Oorsig
Vervaardiger Ford Motormaatskappy
Ook genoem Ford Tourneo Custom
Produksie 2012-huidig
Bakwerk en onderstel
Klas Ligte handelsvoertuig
Bakstyl Paneelwa (Transit Custom)
Crew cab wa (Transit Custom)
Minibus (Transit Custom Kombi, Tourneo Custom)
Uitleg Dwarsgemonteerde voorenjin, voorwielaandrywing
Spesifikasies
Enjin(s) 2.2 L I4 Ford Duratorq TDCi turbodiesel
Ratkas 6-ganghandrat
Lengte 4972 mm (SWB)
5339 mm (LWB)
Breedte 1986 mm
Hoogte 1922 - 2017
Massa 1786 - 2020 kg
Asafstand 2933 mm (SWB)
3300 mm (LWB)
Plek in geskiedenis
Voorganger Ford Transit
2014 Ford Transit Custom paneelwa.

Die Ford Transit Custom is 'n middelgrootte, voorwielaangedrewe wa wat sedert 2012 deur die Ford Motormaatskappy geproduseer word. Dit vervang as 'n selfstandige model die kleiner voorwielaandrywing weergawes van die vierde geslag Ford Transit. Soos met die res van die Transitreeks, is die beter toegeruste passasiersweergawe gemerk as die Tourneo Custom.

Dit is in 2012 onthul by die Handelsvoertuigskou in die Nasionale Uitstalsentrum in Birmingham, Engeland. Tans word die Transit Custom nie in die Verenigde State en Kanada bemark nie, maar dit word wel in Meksiko verkoop. Een enjin is beskikbaar, 'n 2.2 L inlynviersilinder Duratorq turbodiesel, in drie kragleweringsvlakke: 74 kW en 310 N·m se wringkrag, 92 kW en 350 N·m wringkrag, en 113 kW en 385 N·m wringkrag.



Developed by StudentB