| |||||
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité (Frans vir: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap") | |||||
Volkslied: Marseillaise | |||||
Hoofstad | Parys | ||||
Grootste stad | Parys | ||||
Amptelike tale | Frans | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Emmanuel Macron Michel Barnier | ||||
Onafhanklikheid Stigting van die
• Frankiese Ryk • Wes-Frankiese Ryk • Koninkryk Frankryk • Eerste Franse Republiek • Huidige grondwet |
486 10 Augustus 843 3 Julie 987 22 September 1792 4 Oktober 1958 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
643 801[1] km2 (45ste) 248 573 myl2 0,86 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2024-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
68 374 591[1] (22ste) 64 880 000[3] 106 / km2 (106de) 275 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,910[5] (28ste) – baie hoog | ||||
Gini (2023) | 29,7[6] – laag | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | ||||
Internet-TLD | .fr | ||||
Skakelkode | +33 | ||||
Frankryk (Frans: France, [fʁɑ̃s], ), amptelik die Franse Republiek (République française, [ʁepyblik fʁɑ̃sɛːz], ), is 'n sentralistiese, demokratiese republiek in Wes-Europa, begrens deur België, Luxemburg, Duitsland, Switserland, Italië, Monaco, Spanje en Andorra. Dit beslaan 'n oppervlakte van 643 801 km² en het 'n bevolking van 68 374 591 in 2024 gehad.[1]
Frankryk is 'n stigterslid van die Europese Unie (en tans volgens sy oppervlakte ook die grootste lidland) asook 'n stigterslid van die NAVO en die Verenigde Nasies. In 1999 is die Euro-geldeenheid ingevoer en in 2002 die Euro-banknote en -muntstukke.
Naas die metropolitaanse (Europese) gebied van Frankryk is daar oorsese gebiede in die Karibiese See (onder meer 'n gedeelte van die eiland Saint-Martin), Suid-Amerika (Frans-Guyana), Noord-Amerika (Sint Pierre en Miquelon), in die Indiese Oseaan (Mayotte en Réunion) en in Oseanië (Frans-Polinesië en Wallis en Futuna).
Die naam Frankryk is afgelei van die Franke, 'n Germaanse volk wat die gebied ná die einde van die Romeinse Ryk verower het. Hulle het met Frans 'n Romaanse taal aangeneem en uiteindelik die Franse geword.
Die land, wat meer as dubbel so groot is soos die Verenigde Koninkryk, het ná die Tweede Wêreldoorlog 'n vinnige groei van sy stedelike gebiede beleef. Desondanks is die grootste deel van die land plattelandse gebiede, en die landbousektor speel tradisioneel 'n baie belangrike rol in die binnelandse politiek van Frankryk.
Die land se lang en ryk geskiedenis bly lewendig in sy Romeinse ruïnes, middeleeuse katedrale en stede. Die erfenis van die tydperk voor die Franse Rewolusie van 1789 sluit talle 18de eeuse kastele (châteaux) in. Frankryk was ook in 2018 met 89,4 miljoen besoekers die gewildste toeristebestemming ter wêreld.[7]