Franschhoek | |
---|---|
Franschhoek en die Bergriviervallei vanaf Franschhoekpas gesien | |
Koördinate: 33°55′S 19°08′O / 33.917°S 19.133°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Stellenbosch |
Stigting | 1688 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,80 km2 (0,69 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 066 |
• Digtheid | 592/km2 (1 530/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 76.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 6.2% |
• Swart mense | 15.5% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Engels | 44.0% |
• Afrikaans | 43.7% |
• Xhosa | 1.6% |
• Ander | 10.7% |
Skakelkode | 021 |
Franschhoek is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap, Suid-Afrika, sowat 75 kilometer van Kaapstad af, met 15 616 inwoners, insluitend die omringende voormalige townships. Franschhoek behoort sedert die jaar 2000 tot die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit.
Die dorp se naam was oorspronklik "Olifantshoek", 'n verwysing na die talle olifante wat hier oor die berg na die digte bosse van die vallei afgeloop en sodoende 'n pad uitgetrap het, wat later ook deur die plaaslike setlaars gebruik is.