Franse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Frans |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 23 Maart 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | fr.wikipedia.org |
Die Franse uitgawe van Wikipedia is op 23 Maart 2001 begin en is die sesde grootste aanlynensiklopedie gemeet aan die aantal gepubliseerde artikels, na die Engelse, Sweedse, Cebuano, Duitse en Nederlandse Wikipedias. Meer as 60% van die Franssprekende wikipediane woon in Frankryk, die res is hoofsaaklik uit België, Kanada en Switserland afkomstig.
Op 23 September 2010 het die Franse Wikipedia reeds meer as 1 000 000 inhoudsartikels bereik. Dit het tans 2 648 985 artikels.