Friedrich Schelling | |
Geboortenaam | Friedrich Wilhelm Joseph Schelling |
---|---|
Gebore | 27 Januarie 1775 Leonberg, Württemberg, Heilige Romeinse Ryk |
Oorlede | 20 Augustus 1854 (op 79) Bad Ragaz, Switserland |
Vakgebied | natuurlike filosofie, natuurwetenskap, estetika, metafisika, epistemologie, filosofie van godsdiens |
Beïnvloed deur | Plato, Böhme, Baruch Spinoza, Leibniz, Kant, Jacobi, Herder, Goethe, Hölderlin, Fichte, Kielmeyer |
Invloed op | Hegel, Coleridge, Ast, Kierkegaard, Jung, Heidegger, Tillich, Peirce, Goethe, Fackenheim, Slavoj Žižek , Secrétan, I. Bernays, Krause, Ravaisson, Cousin, Grant, Hâjdeu |
Friedrich Wilhelm Joseph von Schelling (27 Januarie 1775 – 20 Augustus 1854) was 'n Duitse filosoof. Historici plaas Schelling in die middel van die Duitse idealisme, êrens tussen Johann Gottlieb Fichte, sy mentor voor 1800 en Georg Wilhelm Friedrich Hegel, sy vorige kamermaat en vriend. Om Schelling se filosofie te vertolk is nie 'n maklike taak nie, omdat hy op 'n tipiese proteaanse denkwyse gereeld van onderwerp verander het. Nogtans word hy as 'n belangrike denker in die opkoms van Idealisme beskou. Sy filosofie dek temas soos menslike vryheid, die absolute en die verhouding tussen mens en natuur.