Friedrich Schiller | |
---|---|
Gebore | Johann Christoph Friedrich Schiller 10 November 1759 Marbach am Neckar, Hertogdom van Württemberg |
Sterf | 9 Mei 1805 (op 45) Weimar, Sakse-Weimar |
Nasionaliteit | Heilige Romeinse Ryk |
Beroep | Digter, dramaturg, skrywer, historikus, filosoof |
Bekend vir | Die Räuber, 1781; Don Karlos, 1787; Wallenstein, 1799; Maria Stuart, 1800; Wilhelm Tell, 1804 |
Eggenoot | Charlotte von Lengefeld (1790–1805, sy dood) |
Kinders | Karl Ludwig Friedrich (1793–1857) Ernst Friedrich Wilhelm (1796–1841) Karoline Luise Friederike (1799–1850) Emilie Henriette Luise (1804–1872) |
Ouer(s) | Johann Kaspar Schiller Elisabeth Dorothea Kodweiß |
Handtekening | |
Johann Christoph Friedrich von Schiller (* 10 November 1759 in Marbach am Neckar, † 9 Mei 1805 in Weimar, geadel in 1802) was 'n Duitse digter, filosoof en historikus.
Schiller word as die beduidendste Duitse dramatikus beskou, en baie van sy toneelstukke maak deel uit van die standaard-repertoire van Duitstalige teaters. In sy dramatiese bewerkings van geskiedkundige materiaal het hy veral die teenstellings tussen menslike lot en vryheid en tussen skuld en loutering getematiseer. Ook as lirikus was Schiller indvloedryk - sy gedagtes-liriek was rigtingwysend, sy ballades is van die gewildste Duitse gedigte.
Naas Christoph Martin Wieland, Johann Wolfgang von Goethe en Johann Gottfried von Herder word Schiller as die belangrikste verteenwoordiger van die sogenaamde Weimarer Klassik beskou.