Fries Frysk / Fräisk / Frasch / Fresk / Freesk / Friisk | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Duitsland Nederland | |
Gebied: | Friesland Groningen Nedersakse Sleeswyk-Holstein | |
Totale sprekers: | 500 000[1][2][3] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Anglo-Fries Fries | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Duitsland | |
Gereguleer deur: | Fryske Akademie | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | — | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die Fries wat vandag in Nederland gepraat word, is eintlik Westerlauwers Fries, maar in die algemeen word slegs die term Fries gebruik; of ook in Wes-Fries: Frysk, Noord-Fries Fresk of Frasch; en in die standaardtaal word ook as Friisk verwys. Standaardfries het ontwikkel uit Woudfries en Kleifries. In taalhistoriese opsig is Fries nou verwant aan Oud-Engels sodat daar soms ook na die Anglo-Friese taalgroep verwys word.[4]
Die Friese taal word vandag deur sowat 500 000 mense in drie variante - Wes-, Oos- en Noord-Fries - langs die Nederlands-Duitse Noordseekus gepraat.
Die meeste Friessprekendes woon in die Noord-Nederlandse provinsie Friesland (Fryslân), terwyl kleiner taalgemeenskappe van Oos-Fries en Noord-Fries in die Duitse deelstate Nedersakse (op die dorp Saterland) en Sleeswyk-Holstein (in die administratiewe distrik Nordfriesland) bestaan. Duitsland en Nederland erken Fries as 'n inheemse minderheidstaal. Die taal word beskerm deur die Europese Unie.