Gansu 甘肃省 (Chinees) | |
---|---|
Die Labrang-klooster in Gansu | |
Ligging van Gansu in die Volksrepubliek China | |
Koördinate: 38°0′0″N 102°0′0″O / 38.00000°N 102.00000°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Hoofstad | Lanzhou |
Grootste stad | Lanzhou |
Regering | |
• Tipe | Regering van Gansu |
• Sekretaris | Lin Duo |
• Goewerneur | Ren Zhenhe |
Oppervlak | |
• Totaal | 453 700 km2 (175 200 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 26 260 000 |
• Digtheid | 58/km2 (150/vk. myl) |
• Rang | 22ste |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Etniese groepe | Han (91%), Hui (5%), Dongxiang (2%), Tibettane (2%) |
Webwerf | www.gansu.gov.cn |
Gansu (Chinees: 甘肃, ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China. In 2017 het die provinsie 'n bevolking van sowat 26 miljoen gehad. Die hoofstad en grootste stad is Lanzhou.
Gansu is tussen die Tibettanse en die Huangtu-platos geleë en grens aan Mongolië, Binne-Mongolië en Ningxia in die noorde, Xinjiang en Qinghai in die weste, Sichuan in die suide en Shaanxi in die ooste. Die Geelrivier vloei deur die suidelike deel van die provinsie.
Han-Chinese vorm met 91% die grootste etniese groep, gevolg deur Hui-Chinese met 5%, Dongxiang en Tibettane met 2% elk.