Gariepdam | |
---|---|
Die Gariepdamwal
| |
Amptelike naam | Gariepdam |
Ander naam | Lake !Gariep |
Vorige naam | Hendrik Verwoerddam |
Ligging | Vrystaat, Oos-Kaap |
Provinsie/Land | Suid-Afrika |
Koördinate | 30°37′25″S 25°30′24″O / 30.62361°S 25.50667°O |
Dam in | Oranjerivier |
Doel | Stoordam, Hidroëlektrisiteit |
Konstruksie begin | 1965 |
Openingsdatum | 1971 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boog-gravitasiedam |
Hoogte van wal | 88 m |
Lengte van wal | 914 m |
Bakmaat | 5 340 miljoen m3 |
Hoogte bo seespieël | 1 259 m |
Kruinbreedte | 13 m |
Sluise | 6 |
Reservoir | Lake !Gariep |
Opvanggebied | 684 000 km2 |
Damoppervlak | 374 km2 |
Hidrokragsentrale | Konvensioneel |
Aanlegoperateur | Eskom |
Turbines | 4 x 90 MW |
Maksimumkapasiteit | 360 MW |
Jaarlikse opwekking | 889 GWh |
Brug dra | Motorverkeer |
Brugbreedte | 12 m |
Tolfooi | Geen |
Die Gariepdam, vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam, is die grootste dam in Suid-Afrika met 'n oppervlak van meer as 374 vierkante kilometer wanneer vol. Die bakmaat word op 5 340 miljoen m3 geskat. Die dam vorm die beginpunt van die Oranjerivierprojek wat die verspreiding van water na die Groot-Visrivier en Sondagsrivier behels.