Ge'ez-skrif | ||||
Soort skryfstelsel | Abugida | |||
Tyd gebruik | 5de-6de eeu v.C. tot hede | |||
Rigting | Links na regs | |||
Streek | Horing van Afrika | |||
Tale | Ge'ez en verskeie tale van Ethiopië en Eritrea | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | ||||
Dogterstelsels | Amharies en ander Ethiopiese en Eritrese alfabette | |||
ISO 15924 | Ethi, 430 | |||
Unicode | Ethiopic, U+1200–U+137F, U+1380–U+139F, U+2D80–U+2DDF, U+AB00–U+AB2F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Ge'ez (Ge'ez: ግዕዝ, transliterasie: Gəʿəz) is ’n skrif wat as ’n abugida gebruik word vir verskeie tale van Ethiopië en Eritrea. Dit het aanvanklik ontstaan as ’n abjad vir die skryf van Ge'ez, wat nou ’n liturgiese taal van die Ethiopiese, die Eritrese Ortodokse Kerk en die Beta Israel is.
Die Ge'ez-skrif is aangepas om ander, hoofsaaklik Semitiese tale in Ethiopië en Eritrea te skryf. Sommige ander tale in die Horing van Afrika soos Oromo is ook aanvanklik in die skrif geskryf, maar het later die Latynse alfabet aangeneem. Beide die amptelike tale van Ethiopië en Eritrea, Amharies en Tigrinya, gebruik die Ge'ez-skrif. Daarbenewens word in Ethiopië vir die Koesjitiese taal Afar die Ge'ez-skrif gebruik.