Deel van 'n reeks oor |
Genetika |
---|
Inleiding tot die genetika |
Geneties gemanipuleerde organismes |
Geskiedenis en regulering |
Prosese |
|
Toepassings |
Twispunte |
In genetika is ’n geenlokus (lokus van die Latynse locus: "plek", "ligging") die spesifieke ligging van ’n geen of DNS-sekwensie op ’n chromosoom. Elke chromosoom het baie gene; die mens se geraamde haploïede proteïenkoderingsgene is 20 000 tot 25 000 op die 23 verskillende chromosome. ’n Alternatiewe vorm van dieselfde DNS-sekwensie wat by ’n gegewe lokus voorkom, word ’n alleel genoem. ’n Geordende lys van bekende lokusse vir ’n spesifieke genoom word ’n genetiese kaart genoem. Dit is die proses om die lokus vas te stel vir ’n spesifieke biologiese eienskap.
Diploïede of poliploïede selle waarvan die chromosome dieselfde alleel van ’n gegewe geen by ’n sekere lokus het, word homosigoties genoem ten opsigte van daardie geen, terwyl dié met verskillende allele van ’n gegewe geen by ’n sekere lokus heterosigoties ten opsigte van daardie geen genoem word.[1]