Gemini 5 (amptelik Gemini V)[1] was 'n bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program in 1965. Dit was die derde bemande Gemini-vlug, die elfde bemande Amerikaanse ruimtevlug asook die negentiende bemande ruimtevlug van alle tye.
Dit was ook die eerste sending waar die rekord vir die langste tyd in die ruimte, deur Amerika verbeter is. Die vorige rekord van die Sowjetunie se Vostok 5, opgestel in 1963, is op 26 Augustus 1965 deur Gemini V gebreek.[2] Die rekord kon 'n dag langer gewees het, maar die tuig moes terugkeer na die aarde omrede Orkaan Betsy op pad was. Die bemanning was: Gordon Cooper en Pete Conrad.