Tipe | Eerste | Tweede | Derde |
---|---|---|---|
Kwarke | |||
op-tipe | op | sjarme | bo |
af-tipe | af | vreemd | onder |
Leptone | |||
gelaai | elektron | muon | tau |
neutraal | elektron-neutrino | muon-neutrino | tau-neutrino |
In deeltjiefisika is ’n generasie (of familie) ’n afdeling van die elementêre deeltjies. Deeltjies verskil van generasie tot generasie wat hul aroma-kwantumgetal en massa betref, maar hul interaksies is dieselfde.
Daar is volgens die Standaardmodel van deeltjiefisika drie generasies. Elk is verdeel in twee leptone en twee kwarke. Die twee leptone kan geklassifiseer word in een met ’n elektriese lading van −1 (elektron) en een neutraal (neutrino); die twee kwarke kan geklassifiseer word in een met ’n lading van −1⁄3 (af-tipe) en een met ’n lading van +2⁄3 (op-tipe).