’n Genius (meervoud: geniusse of genii) was in die antieke Romeinse godsdiens ’n onsigbare beskermgees van ’n goddelike aard wat elke mens, plek of voorwerp gehad het.[1] Nes ’n beskermengel het die genius elke mens van sy geboorte tot sy dood gevolg.[2]
Die Grieke het ’n genius ’n daimon ("demon") genoem en van vroeg reeds in hulle geglo, hoewel Homeros hulle nie noem nie.[3]