In Suid-Afrika word die meerderheid paaie aangewys as genommerde roetes om reisigers behulpsaam te wees met hul navigasie. Die landswye nommeringstelsel bestaan uit nasionale roetes wat stede met mekaar verbind, en provinsiale en streeksroetes, wat kleiner dorpe en ander roetes op die netwerk verbind, Laastens, is daar binne die verskillende stedelike gebiede ook skemas van metropolitaanse roetenommering.[1]