Georgi Zjoekof | |
Georgi Zjoekof praat in Moskou, Sowjetunie, in 1941. | |
Minister van verdediging
| |
Ampstermyn 9 Februarie 1955 – 26 Oktober 1957 | |
Eerste minister | Nikolai Boelganin |
---|---|
Voorafgegaan deur | Nikolai Boelganin |
Opgevolg deur | Rodion Malinofski |
Volle lid van die 20ste Politburo
| |
Ampstermyn 29 Junie – 29 Oktober 1957 | |
Kandidaatlid van die 20ste Politburo
| |
Ampstermyn 27 Februarie 1956 – 29 Junie 1957 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Гео́ргий Константи́нович Жу́ков Georgi Konstantinowitsj Zjoekof 1 Desember 1896 Zjoekof, Russiese Ryk |
Sterf | 18 Junie 1974 (op 77) Moskou, Russiese SFSR, Sowjetunie |
Politieke party | Kommunistiese Party van die Sowjetunie |
Eggenoot/-note | Aleksandra Dijewna Zjoekowa (1920–1953) Galina Aleksandrowna Semjonowa (1965–1973) |
Kind(ers) | Era Zjoekowa (* 1928) Margarita Zjoekowa (1929–2011) Ella Zjoekowa (1937–2010) Maria Zjoekowa (* 1957) |
Religie | Russies-Ortodokse Kerk |
Handtekening | |
Militêre diens
| |
Lojaliteit | Rusland Sowjetunie |
Diens/Tak | Keiserlike Russiese weermag Rooi Leër |
Jare in diens | 1915–1957 |
Rang | Maarskalk van die Sowjetunie |
Eenheid | Kiëfse Militêre Distrik Hoof van algemene personeel Reserwefront Leningrad-front Wesfront 1ste Wit-Russiese Front Odessa Militêre Distrik |
Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Russiese Burgeroorlog Sowjet-Japannese Grensoorlog (gevegte van Chalchin Gol) Sowjet-besetting van Bessarabië en Noord-Boekowina Groot Patriotiese Oorlog |
Toekennings |
Georgi Konstantinowitsj Zjoekof (1 Desember 1895 – 18 Junie 1974) was 'n Russiese weermagoffisier. Hy het in 1915 as soldaat by die Russiese weermag aangesluit. Na die Russiese Rewolusie word hy stafhoof van die Rooi Leër en in 1941 visekommissaris van verdediging. Hy lei die suksesvolle verdediging van Moskou, Stalingrad en Leningrad tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daarna voer hy in 1944 'n leër deur Pole aan tot by die grens van Tsjeggo-Slowakye. Tydens die laaste maande van die oorlog is hy in bevel van die leër wat Berlyn inval.
Hy was hoof van die Geallieerdes wat die oorgawe van Duitsland op 8 Mei 1945 ontvang het, waarna hy die hoof van die Russiese magte in Oos-Europa was. Daarna is hy tussen 1946 en 1953 deur Josef Stalin in minderwaardige poste in Odessa en die Oeral aangestel. Na Stalin se dood in 1953 het hy die onderminister van verdediging geword. Hy het sy pos in 1957 verloor na bewerings dat hy die militêre magte wou vrymaak van Kommunistiese beheer. Hy het toe uit die openbare oog verdwyn en is eers weer in 1965 gesien met die 20ste herdenking van die Geallieerde oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog.