Georgiese Rugbyunie | |
---|---|
Kenteken van die Georgiese Rugbyunie
| |
Georgiese naam | საქართველოს რაგბის კავშირი, Sakartwelos ragbis kawsjiri |
Afkorting | GRU |
Land | Georgië |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1964 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1992 |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Europa |
President | Soso Tkemaladse |
Setel | Tbilisi, Georgië |
Amptelike taal | Georgies |
Amptelike webwerf | rugby.ge |
Die Georgiese Rugbyunie (Georgies: საქართველოს რაგბის კავშირი, Sakartwelos ragbis kawsjiri, afgekort “GRU”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Georgië beheer. Die beheerliggaam is in 1964 gestig en in Tbilisi gesetel. Sedert 1992 verteenwoordig dit Georgië by Wêreldrugby en ook by Rugby Europa (“RE”).