Geprosesseerde kos

Ham, brood en kaas

Geriefskos, of tersiêr geprosesseerde voedsel, is voedsel wat kommersieel verwerk is vir die verbruiker se optimale gemak. Dié soort kos is gewoonlik gereed om te eet sonder verdere voorbereiding. Dit kan ook maklik vervoerbaar wees, 'n lang raklewe hê, of 'n kombinasie van geriefskenmerke hê. Hoewel restaurantmaaltye ook aan hierdie definisie voldoen, word die term selde daaraan toegeskryf. Geriefskos sluit gedroogde produkte, bevrore voedsel, voedsel met 'n lang raklewe, voorafbereide mengsels soos koekmengsels, en versnaperinge in.

Brood, kaas, gesoute kos en ander verwerkte kosse word al vir duisende jare te koop aangebied. Ander het bygekom namate voedseltegnologie verbeter het. Die soorte geriefskos wat beskikbaar is kan van land tot land of van een geografiese area tot die volgende verskil. Sommige geriefskos is al gekritiseer omdat die voedingswaarde daarvan bedenklik is of die verpakking tot besoedeling bydra. Verskeie metodes word ingespan om die ongesonde aspekte van kommersieel vervaardigde voedsel te verminder en oorgewig (obesiteit) onder veral kinders te beveg.

'n Groot aantrekkingskrag van geriefskos is dat dit tyd spaar. 'n Nadeel is dat dit tipies duurder is as om kos van nuuts af tuis voor te berei.


Developed by StudentB