Gereformeerde Kerk Kaapstad | ||
Sluit in | Kaapse Skiereiland van van Melkbosstrand tot Simonstad | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Klassis Boland | |
Huidige predikant(e) | J.P. (Johan) Fleischmann | |
Belydende lidmate | 95 | |
Dooplidmate | 42 | |
Adres | H.v. Hof- en Oranjestraat Tuine, Kaapstad | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 6 Mei 1923 | |
Eerste predikant | J.W.J. Ryssen (1937–1945) |
Die Gereformeerde kerk Kaapstad is die tweede oudste gemeente in die GKSA se Klassis Boland. Die gemeente het einde 2015 95 en 20 dooplidmate gehad, vergeleke met 151 en 29 vyf jaar vantevore al sluit dit ’n reusedeel van die Kaapse Skiereiland in van Melkbosstrand tot Simonstad; trouens alle dele van Kaapstad wes van die gemeentes Bellville en Bellville-Oos, al word Melkbosstrand, Milnerton en Table View die afgelope paar jaar ook by laasgenoemde se beskrywing in die GKSA se Almanak ingesluit.