Germaanse tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
wêreldwyd |
Genetiese klassifikasie: |
Indo-Europees Germaanse tale |
Onderafdelings: | |
Wêreldkaart van lande waar 'n Germaanse taal die primêre of amptelike taal is: Lande waar 'n Germaanse taal die eerste taal van die meerderheid van die bevolking is Lande of gebiede waar 'n Germaanse taal 'n amptelike taal is maar nie 'n meerderheidstaal nie Lande of gebiede waar 'n Germaanse taal nie-amptelik maar erken is óf in sommige gebiede gebruik word óf deur 'n plaaslike minderheid gepraat word |
Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n tak van die Indo-Europese (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans, saam met al die nasate daarvan, word gekenmerk deur 'n aantal unieke taalkundige eienskappe waaronder die bekendste die Tweede Germaanse klankverskuiwing wat deur Grimm se Wet beskryf word. Vroeë Germaanse variëteite word vir die eerste keer in die geskiedenis opgeteken toe die Germaanse volke hulle vanaf die 2de eeu in noordelike Europa naby die grens van die Romeinse Ryk gevestig het.
Die grootste Germaanse tale is Engels en Duits, met onderskeidelik ongeveer 400 en 100 miljoen eerstetaalsprekers. Die groep bestaan uit ander belangrike tale soos Nederlands met 23 miljoen en Afrikaans wat by Nederlands hoort met 16 miljoen sprekers; en die Skandinawiese tale insluitend Deens, Noors en Sweeds met 'n gesamentlike totaal van omtrent 20 miljoen sprekers. Die SIL Ethnologue lys 53 verskillende Germaanse tale en dialekte.