Histories in wat vandag as Suid-Afrika bekendstaan, was tradisionele medisyne en geneespraktyke die oorheersende mediese stelsel vir mense, maar die koms van die Europeërs was 'n merkbare keerpunt in die geskiedenis van hierdie tradisie en kultuur.[1] Tradisionele of volksgeneeskunde sluit enige middel of behandeling wat gebruik is om siekte te genees of te verhoed. Dit word as gevolg van oorleweringspraktyke of - tradisie toegepas en van geslag na geslag oorgedra. Die leek wat dit toepas, handel ter goeder trou, met 'n vaste geloof dat dit die gewenste uitwerking sal hê. Die moderne mediese wetenskap daarenteen, berus op geneespraktyke of geneesmiddels wat sistematies getoets word.
As deel van die mens se stryd om oorlewing, om siektes en beserings die hoof te bied, het die mens gebaseer op oergelowe en die praktiese ervaring met die aanwending van natuurmiddels, tot by die ontwikkeling van die moderne mediese wetenskap. Suid-Afrika het hom as gevolg van sy uitgestrektheid uitstekend daartoe geleen dat 'n uitgebreide volksgeneeskunde beide binne die inheemse bevolking en die latere immigrante te ontwikkel.