Subklas van | kragsport, individuele sport, weightlifting, lifting |
---|---|
Onderdeel van | swaar atletiek |
Gesag | International Weightlifting Federation |
Beoefen deur | gewigopteller |
Rekord of rekord opneem | lys van wêreldrekords in Olimpiese gewigoptel |
Gebruike | barbeel, Gewigplaat, gewig, lifting |
Unicode-karakter | 🏋 |
Gewigoptel is 'n sport waar die beoefenaars probeer om swaar gewigte op te tel en bo hulle koppe uit te stoot. Na elke suksesvolle poging word meer gewigte gelaai tot die maksimum wat die opteller kan lig bereik word. Die gewigte is skyfvormig en word aan weerskante van die loop of gewigstok gelaai.
Atlete word volens hulle liggaamsgewig in verskillende kategorieë ingedeel. Tydens die Olimpiese Spele is daar agt kategorieë vir mans en sewe vir dames.
Gewigoptel moet nie met gewigstoot, 'n velditem in atletiek waar 'n atleet 'n ysterbal so ver as moontlik moet gooi, verwar word nie.