Gietwerk

Gesmelte metaal word in 'n gietvorm in gegiet
Beton word gegiet vir die fondasie van 'n gebou
'n Klip gietvorm uit die bronstydperk vir die giet van spies-koppe.
Antieke Griekse gietvorms, wat gebruik was vir die vervaardiging van standbeeldjies.

Gietwerk is 'n produksieproses waarby 'n vloeibare materiaal in 'n gietvorm getap word met die doel om te stol en permanent die vorm van die gietvorm aan te neem. Die resultaat van die gietwerk proses word die gietstuk genoem. Verskeie tipes materiale word gegiet en kan in twee hoof afdelings opgedeel word:

  • Eerstens is die geval waarby 'n materiaal (gewoonlik metale) gesmelt word in 'n smeltoond en dan word dié warm vloeistof in 'n gietvorm in getap.
  • Tweede is waar bv. 'n epoksie of beton in 'n vorm gelaat word om te verhard. Dit word ook koue gietwerk genoem.

Developed by StudentB