Godavari | |
---|---|
Dummugudem-dam oor Godavari in Khammam-distrik. | |
Die stroomgebied van die Godavari. | |
Oorsprong | Berg Brahmagiri, Tryambakeshwar, Nashik, Maharashtra, Indië Wes-Ghats |
Monding | Antarvedi, Oos-Godavari, Andhra Pradesh, Indië Golf van Bengale |
Stroomgebied | Indië |
Lengte | 1 465 km (910 myl) |
Oorspronghoogte | 920 m (3 018 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 3 505 m³/s (123 778 ft³/s)[1] |
Stroomgebiedopp. | 312 812 km² (120 777 myl²) |
Kaart van die Godavari-bekken in Asië.
|
Die Godavari (Marathi: गोदावरी, Telugu: గోదావరి) is 'n groot oos-vloeiende rivier in Indië. Die rivier, met 'n lengte van 1 465 km (910 myl), is ná die Indus, die Brahmaputra en die Ganges die vierde langste rivier in Suid-Asië. Die Godavari word in Hindoeïsme as heilig beskou, wat van dié rivier 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes maak.[2]
Die Godavari ontspring in die Wes-Ghats in Wes-Indië, net wes van Nashik in die deelstaat Maharashtra, sowat 80 km oos van die Arabiese See. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting net suid van Aurangabad en bereik later die deelstaat Andhra Pradesh, waar dié rivier in 'n wye boog noordoos van Hyderabad vloei. Vir 'n kort tyd vorm die Godavari die grens tot Maharashtra en aansluitend tot Chhattisgarh. Nadat dié rivier die Oos-Ghats deurkruis het, mond hy verder suidoos in 'n wye delta in die Golf van Bengale uit, net noord van die Krisjna se monding.
{{cite book}}
: |journal=
ignored (hulp)