Die Griekse alfabet (Grieks: Ελληνικό αλφάβητο, Ellinikó Alfávito) is gebruik om Grieks sedert ongeveer die 9de eeu v.C. te skryf. Dit is die eerste ware alfabet, een wat 'n simbool vir elke vokaal en konsonant het, en is die oudste alfabet wat steeds in gebruik is.