Groefby

Groefby
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Orde: Vliesvlerkiges
Klade: Anthophila
Familie: Halictidae
Thomson, 1869, nom. protect.
Subfamilies

Groefbye (Halictidae) is die tweede-grootste familie van bye[1] (klade Anthophila) met amper 4,500 spesies.[2] Halictid spesies is 'n uiters uiteenlopende groep wat baie in voorkoms kan verskil. Die byfamilie bestaan uit klein (> 4 mm) tot mediumgrootte (> 8 mm) bye. Groefbye het gewoonlik 'n donker kleur en dikwels 'n metaalglans. Verskeie spesies is volkome of deels groen, en sommige is rooi. 'n Aantal het geel merke, veral die mannetjies wat gewoonlik geel gesigte het – 'n kenmerk wat by verskeie byfamilies voorkom.

Groefbye word dikwels deur sweet gelok.[3]

'n Groefbytjie wend hier gonsbestuiwing aan om die stuifmeel van helmknoppe te versamel.
  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named DanforthCardinal2013
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :1
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named mdc

Developed by StudentB