Groot moondheid

Groot moonthede van die een-en twintigste eeu.

As 'n groot moondheid word gewoonlik daardie state aangedui wat die vermoeë het om druk in die internasionale politiek uit te oefen deur hul omvangryke ekonomiese, politieke en militêre mag. Ander state moet hul standpunte in ag neem voordat hulle 'n diplomatieke of militêre besluit neem. Hulle het die vermoë om amper oral militêr in te gryp en het ook 'n sekere kultuurmag, gewoonlik in die vorm van ekonomiese beleggings in minder ontwikkelde dele van die wêreld.

Terwyl sommige nasies algemeen beskou word as groot moonthede, is daar geen definitiewe lys van hulle nie. Soms word die status van groot moonthede amptelik erken in konferensies soos die Kongres van Wene of die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (Volksrepubliek van China, Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State (VSA) wat vyf permanente lede van die Raad is). Gevolglik is die status van grootmagte ook formeel en informeel erken in forums soos die Groep van Sewe (G7). Die VSA word tans ook beskou as 'n supermoondheid.

Daar is dus verskillende menings oor watter nasies tans as groot moondhede beskou kan word. Sommige glo dat Indië, en selfs die Europese Unie (EU) daaraan behoort. Daar is ook 'n alternatiewe siening wat sê dat toenemende afhanklikheid tussen state die konsep van 'n groot moontheid onnodig maak omdat die wêreld multipolêr is. Daar is 'n debat oor die mag en invloed van die EU. As die lidlande verenig is in een staat, kan dit moontlik 'n groot moontheid of self 'n supermoondheid word. Maar die meeste is dit eens dat die EU, omdat dit nie die politieke eenwording van 'n soewereine staat het nie, nie as 'n groot moondheid in sy huidige hoedanigheid beskryf kan word nie.


Developed by StudentB