| |||||
Nasionale leuse: Libre Crezca Fecundo[1] (Latyn) El País de la Eterna Primavera (Spaans) (Afrikaans: "Die land van die ewige lente"[2]) | |||||
Volkslied: Himno Nacional de Guatemala (Spaans vir: "Volkslied van Guatemala") Nasionale mars: La Granadera (Spaans vir: "Die lied van die grenadier") | |||||
Hoofstad | Guatemalastad | ||||
Grootste stad | Guatemalastad | ||||
Amptelike tale | Spaans | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Bernardo Arévalo Karin Herrera | ||||
Onafhanklikheid | 15 September 1821 1 Julie 1823 31 Mei 1985 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
108 889 km2 (105de) 42 042 myl2 0,4 | ||||
Bevolking - 2023-skatting - Digtheid |
17 980 803[3] (69ste) 129 / km2 (85ste) 334,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,627[5] (135ste) – medium | ||||
Gini (2014) | 48,3[6] – hoog | ||||
Geldeenheid | Quetzal (GTQ )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
CST (UTC-6) nie toegepas nie (UTC-6) | ||||
Internet-TLD | .gt | ||||
Skakelkode | +502 |
Guatemala (Spaans: [gwateˈmala], ), amptelik die Republiek Guatemala (Spaans: República de Guatemala, [reˈpuβlika ðe ɣwateˈmala]), is 'n land in Sentraal-Amerika. Aangrensend is Meksiko aan die noordweste, die Stille Oseaan aan die suidweste, Belize en die Karibiese See aan die noordooste, en Honduras en El Salvador aan die suidooste.
Die hoofstad en grootste stad is Guatemalastad. Guatemala se oorvloed aan biologies-beduidende en unieke ekosisteme het bydra tot Meso-Amerika se benaming as 'n biodiversiteitbrandkroes.
Guatemala, met 'n oppervlakte van 108 889 km², is een van die onontwikkeldste lande in Sentraal-Amerika. Die naam van die hoofstad is ook Guatemala en die amptelike taal is Spaans. Guatemala eis die suidelike gedeelte van Belize op.[7]
Die belangrikste sektore van die ekonomie is in buitelandse hande en die landbou, die belangrikste bestaansaktiwiteit van die meeste mense, word deur 'n groep grootgrondbesitters beheer. Die belangrikste uitvoergewasse is piesangs, koffie en katoen. Mynbou, wat heelwat potensiaal inhou omdat daar talle delfstowwe is, asook bosbou is nog swak ontwikkel. Die feitlik voortdurende politieke magstryd in die land sedert dit in 1838 ’n republiek geword het, strem die ekonomiese ontwikkeling.