Guillermo del Toro | |
Del Toro in 2015.
| |
Geboortenaam | Guillermo del Toro Gómez[1] |
---|---|
Geboorte | 9 Oktober 1964 Guadalajara, Jalisco, Mexiko |
Beroep(e) | Regisseur, vervaardiger, skrywer |
Aktiewe jare | 1985–tans |
Handtekening | Guillermo del Toro signature.svg |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Guillermo del Toro Gómez (gebore 9 Oktober 1964) is ’n Mexikaans-Amerikaanse regisseur, vervaardiger en skrywer. In sy rolprentloopbaan wissel Del Toro tussen Spaanse donkerfantasiewerke, soos die gotiese rilfliek The Devil's Backbone (2001) en Pan's Labyrinth (2006), en Amerikaanse hoofstroom-aksieflieks soos die superheld-aksieprente Blade II (2002), Hellboy (2004) en Hellboy II: The Golden Army (2008) en die wetenskapsfiksie-monsterprent Pacific Rim (2013).
Sy jongste fliek, The Shape of Water (2017), is goed ontvang – dit het ’n Goue Leeu op die 74ste Venesiese Rolprentfees gewen asook twee pryse op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand, insluitende vir hom as beste regisseur. Dit is die prent wat vanjaar vir die meeste Golden Globes benoem was: altesaam sewe.