Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | ||
---|---|---|---|---|---|
Perm | Sisuralium | Asselium | jonger | ||
Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | 298,9–303,7 | ||
Kasimovium | 303,7–307,0 | ||||
Moskovium | 307,0–315,2 | ||||
Bashkirium | 315,2–323,2 | ||||
Mississippium | Serpukhovium | 323,2–330,9 | |||
Viséum | 330,9–346,7 | ||||
Tournaisium | 346,7–358,9 | ||||
Devoon | Laat | Famennium | ouer | ||
Die verdeling van die Karboon (IKS). |
Die Gzhelium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon (epog/serie Pennsylvanium). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die Gzhelium was van sowat 303,7 tot 298,9 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Kasimovium en gevolg deur die Asselium, die eerste etage/tydsnede van die Perm-periode.