Internet- en netwerkprotokolle | |
---|---|
Toepassingvlak: | DNS FTP Gopher HTTP HTTPS IMAP IRC NNTP POP3 RTP SIP SMTP SNMP SSH SSL Telnet UUCP XMPP |
Versendvlak: | DCCP SCTP TCP UDP |
Netwerkvlak: | ARP ICMP IGMP IP(IPv4, IPv6) RARP |
Dataskakelvlak: | ATM Ethernet FDDI PPP Token ring Wi-Fi |
volgens die TCP/IP-model |
Hypertext Transfer Protocol over Secure Socket Layer oftewel HTTPS is 'n URI-skema wat gebruik word om aan te dui dat 'n veilige HTTP-verbinding gemaak is. Dit is sintakties identies aan die http://
skema wat gewoonlik gebruik word om toegang tot hulpbronne te verkry deur die HTTP-protokol. Deur die https:
URL te gebruik word aangedui dat die HTTP protokol gebruik moet word maar dat 'n ander TCP-poort (443) by verstek gebruik moet word en dat 'n bykomende laag tussen die HTTP en TCP-protokol ingevoeg moet word wat versluiering en identifikasie funksies insluit. Hierdie stelsel is deur Netscape ontwikkel om die bevestiging van identiteit en versluierde kommunikasie te verskaf en word oral oor die Wêreldwye Web gebruik vir die beveiliging van sensitiewe kommunikasie soos onder ander betalinstransaksies en korporatiewe intekenings.