Haarlem | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Haarlem Spaarne | |
Ligging van Haarlem-munisipaliteit in Noord-Holland | |
Koördinate: 52°23′00″N 4°38′00″O / 52.38333°N 4.63333°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Noord-Holland |
Regering | |
• Burgemeester | Jos Wienen (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 32,12 km2 (12,40 vk. myl) |
• Land | 29,32 km2 (11,32 vk. myl) |
• Water | 2,8 km2 (1,1 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 151 927 |
• Digtheid | 5 182/km2 (13 421,3/vk. myl) |
Poskode | 2000-2037, 2063 |
Skakelkodes | 023 |
Webwerf | www.haarlem.nl |
Haarlem is die hoofstad van die Nederlandse provinsie Noord-Holland en word vir die eerste keer in 'n dokument uit die 10de eeu genoem. In 1245 het die stad regte van Willem II van Holland ontvang. Aan die einde van die Middeleeue het Haarlem een van die belangrikste stede van Holland geword. Gedurende die vroegmoderne tyd ontwikkel die stad op industriële gebied as 'n tekstielstad en kulturele gebied vir die skilderkuns.
Tans het die munisipaliteit ongeveer 152 000 inwoners (2012). Onlangs is Haarlem tot die beste winkelstad van Nederland verkies.
Op die sentrale plein, die Grote Markt, staan die standbeeld van Laurens Janszoon Coster, die uitvinder van die boekdrukkuns, wat 'n boek in sy hande hou. Die water van die Spaarnerivier wat reeds eeue lank deur Haarlem vloei, is al deur menige sanger en digter in hulle werk genoem. Onder andere die Haarlemse sanger Boudewijn de Groot en die ander wat onder die skuilnaam Wilfried 'n CD vrygestel het, sing albei oor die mooi rivier.
'n Entjie van die Grote Markt is Barteljorisstraat. Die winkel van Horlogerie Ten Boom staan nog steeds in die straat. Die Ten Boom gesin het baie Jode gehelp deur hulle in hul huis in te neem gedurende die Tweede Wêreldoorlog.