Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Israel |
Distrik | Haifa |
Koördinate | 32°49′N 34°59′O / 32.817°N 34.983°O |
Gestig op | 3de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 63,7 vk km |
Hoogte bo seevlak | 5 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 285 316 |
- Bevolkingsdigtheid | 6 183 vk/km |
- Metropolitaanse gebied | 1 048 900 |
Tydsone | UTC +02:00 |
Somertyd | UTC +03:00 |
Burgemeester | Yona Yahav |
Amptelike webwerf | haifa.muni.il |
Haifa (Hebreeus: חיפה Cheifa, Arabies: حيفا Ḥayfā) is die grootste stad in die noorde van Israel en met 'n bevolking van 281 000 mense in 2017 die derde grootste stad in die land ná Jerusalem en Tel Aviv. Meer as 300 000 mense, hoofsaaklik van Joodse herkoms, woon in stede wat direk aan die stad grens, soos Krajot, Tirat Karmel, Ir haKarmel en Nesjer. Sedert 2008 word die Baha’i-wêreldsentrum deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.[1]