Hainaut | |
---|---|
Provinsie | |
Uitsig oor Lobbes | |
Ligging van die provinsie Hainaut in België | |
Koördinate: 50°30′N 3°55′O / 50.500°N 3.917°O | |
Land | België |
Gewes | Wallonië |
Hoofstad | Mons |
Regering | |
• Goewerneur | Tommy Leclercq (PS) |
Oppervlak | |
• Totaal | 3 812,83 km2 (1 472,14 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 356 895 |
• Digtheid | 356/km2 (920/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.hainaut.be |
Hainaut of Henegouwe (Frans: Hainaut, Nederlands: Henegouwen, Duits: Hennegau, Pikardies: Hénau, Wallonies: Hinnot) is 'n Franssprekende Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 357 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 813 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 356 per km². Die hoofstad is Mons.
Hainaut lê in die suidweste van België en grens aan die Franse geweste Nord-Pas-de-Calais en (vir 'n stukkie) Champagne-Ardenne. In die provinsie word naas Frans ook Pikardies gepraat, met uitsondering van die oostelike deel waar Wallonies naas Standaardfrans as omgangstaal gebruik word.[3]
Die hartland van Hainaut is 'n voormalige steenkool-mynboustreek waarvan die westelike deel Borinage en die oostelike Swart Land (Pays Noir) genoem word. Uitlopers van die Ardenne-bergreeks strek tot in die oostelike deel van Hainaut. Die belangrikste riviere is die Skelde in Wes-Hainaut en die Samber in Oos-Hainaut. Die hoogste punt (365 m bo seevlak) lê in die dorp L'Escaillère in die munisipaliteit Chimay (Suid-Hainaut).