| ||||
Die Han-ryk in 87 v.C. (belangrikste provinsies in bruin). | ||||
Hoofstad | Chang'an (206 v.C. – 9 n.C., 190–195 n.C.) Luoyang (25–190 n.C., 196 n.C.) Xuchang (196–220 n.C.) | |||
Taal/Tale | Oud-Chinees | |||
Godsdiens | Taoïsme Konfusianisme Chinese volksreligie | |||
Regering | Monargie | |||
Keiser | ||||
- 202–195 v.C. | Gaozu | |||
- 25–57 n.C. | Guangwu | |||
Historiese tydperk | Antieke tydperk | |||
- Stigting | 206 v.C. 206 v.C. | |||
Oppervlakte | ||||
- 50 v.C. | 6 000 000 km2 2 316 613 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 2 n.C. skatting | 57 671 400 | |||
Geldeenheid | Ban liang-munte Wu zhu-munte |
Die Han-dinastie (Vereenvoudigde Chinees: 汉朝; Tradisionele Chinees: 漢朝; pinyin: Hàn Cháo; Wade–Giles: Han Ch'ao; IPA: [xân tʂʰɑ̌ʊ̯], 206 v.C. – 220 n.C) was ’n Chinese dinastie wat vooafgegaan is deur die Qin-dinastie (221–207 v.C.) en opgevolg is deur die Drie Koninkryke (220–280 n.C.). Dit is gestig deur die rebelleleier Liu Bang, nadoods bekend as keiser Gaozu van Han. Dit is kortliks onderbreek deur die Xin-dinastie (9–23 n.C.) van die vorige heerser Wang Mang. Dié tussentydperk verdeel die Han in twee tydperke: die Westelike Han (206 v.C. – 9 n.C.) en die Oostelike Han (25–220 n.C.). Die bewind van die Han, wat oor vier eeue gestrek het, word beskou as ’n goue era in die Chinese geskiedenis.[1] Tot vandag verwys China se grootste etniese groep na hulself as die "Han-volk" en die Chinese skrif word "Han-karakters" genoem.[2]