Haring | |
---|---|
Clupea harengus harengus | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Clupea
|
Spesies | |
Clupea bentincki |
Harings is klein olierige vissies wat in die Noordelike Halfrond in die matige water van die Noord-Atlantiese Oseaan, die Oossee, die Noordelike Stille Oseaan, en die Middellandse See voorkom. Harings beweeg in reuse skole wat in die lente na die kus van Europa en Amerika swem waar hulle in groot hoeveelhede gevang, gesout en gerook word. Geblikte "sardientjies" wat in supermarkte verkoop word, kan in werklikheid sprotte of ronde harings wees.
Haringlarwes lewe van plankton en die volwasse diere van groter plankton (o.m. roeipootkrefies), asook garnale en kleiner visse. Harings kom in groot skole voor; soms bestaande uit meer as 'n miljoen visse. Die vis se naam is ook te danke aan laasgenoemde feit; haring is in Oud-Nederlands as "heering" geskryf. Die woord is afgelei van "heer" in die sin van leërskare. Dit is dus 'n vis wat in groot skole as 'n "heer" deur die water trek.
Harings behoort reeds eeue lank tot die belangrikste visse in vissery. Deur oorvangste is die haringbevolking op verskeie plekke kwaai verminder en was regerings genoodsaak om 'n 6-jarige vangverbod (1977–1983) in plek te stel. Deur streng Europese vangbeperkinge, wat steeds van toepassing is, het die haringbevolking herstel.
Die familie Clupeidae, waartoe naas die eintlike harings ook onder meer elwe, sardyne en sprotte behoort, word wel ook as 'harings' aangedui.
Haring is 'n olierige vis wat ryk is aan omega-3 vetsure. Haringwurm, 'n parasiet, kom soms in harings voor.