Hastings Kamuzu Banda | |
1ste president van Malawi
| |
Ampstermyn 6 Julie 1966 – 24 Mei 1994 | |
Voorafgegaan deur | Elizabeth II as koningin van Malawi |
---|---|
Opgevolg deur | Bakili Muluzi |
Eerste minister van Malawi
| |
Ampstermyn 6 Julie 1964 – 6 Julie 1966 | |
Voorafgegaan deur | Pos geskep |
Opgevolg deur | Homself as president |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | c. Maart of April 1898 Kasungu, Sentraal-Afrikaanse Federasie (hedendaagse Malawi) |
Sterf | 25 November 1997 (op sowat 99) Johannesburg, Suid-Afrika |
Politieke party | Malawiese Kongresparty |
Religie | Presbiteriaans (Kerk van Skotland) |
Dr. Hastings Kamuzu Banda (c. Maart of April 1898[1] – 25 November 1997) was ’n politikus van Malawi wat sy land gehelp het om van Brittanje onafhanklik te word.[2] Banda was van 1961 tot 1994 die leier van sy land. Vir die eerste drie jaar van sy bewind, totdat dit in 1964 onafhanklik geword het, was Malawi die Britse protektoraat Njassaland. Daarna was hy Malawi se lewenslange president tot in 1994, toe hy in 'n verkiesing verslaan en dié amp afgeskaf is. Hy is in 1997 in Suid-Afrika oorlede.