Hefaistos | |
---|---|
Griekse Olimpiese god | |
Hefaistos, deur Guillaume Coustou die Jongere (in die Louvre).
| |
Naam | Hefaistos |
God van | Tegnologie, grofsmede, vakmanne, ambagsmanne en vulkane |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Hamer, aambeeld en tang |
Vrou | Afrodite of die Grasie Aglaia |
Ouers | Hera (alleen, of Hera en Zeus) |
Kinders | Erichtonius van Athene |
Romeinse eweknie | Vulcanus |
Hefaistos of Hephaistos (Grieks: Ἥφαιστος) was in die Griekse mitologie die god van tegnologie, grofsmede, ambagsmanne, metale, beeldhoukuns, vuur en vulkane. Hy is een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Hy was met die godin Afrodite, wat hom met sy broer Ares verkul het, getroud. Sy eweknie in die Romeinse mitologie is Vulcanus.
Nes ander mitiese grofsmede, maar anders as die meeste ander gode, was Hefaistos kreupel en dit het hom ’n groteske voorkoms gegee in Griekse oë. Hy was die grofsmid van die gode en is in die nywerheidsgebiede van Griekeland, veral in Athene, aanbid. Die middelpunt van sy kultus was op die eiland Lemnos.[1] Sy moeder was Hera. Hefaistos se simbole was die hamer, aambeeld en tang, hoewel hy soms met ’n byl in die hand uitgebeeld word.